Die verband tussen humor en psigologiese welstand met spesifieke verwysing na die Covid-19 pandemie.
❝Op watter wyse kan 'n sin vir humor mense bystaan en sielkundig onderskraag tydens 'n pandemie?❞
Die doel van die artikel is om die aard van humor, humorsin en die dinamika van psigologiese welstand en psigologiese weerbaarheid, en dan veral gesien in die huidige konteks van die Covid-19 pandemie, te bespreek. Verskeie teorieë ten opsigte van humor en humorsin en psigologiese welstand word bespreek. Verder is daar gepoog om die verband tussen teorieë en navorsing en die huidige lewensomstandighede tydens die pandemie aan te dui.
Therapy should be personal. Therapists listed on TherapyRoute are qualified, independent, and free to answer to you – no scripts, algorithms, or company policies.
Find Your TherapistDie artikel is baseer op ‘n ongepubliseerde Doktorale tesis, ingedien in 2002 aan die Universiteit van die Vrystaat. Geen vorige artikels wat hierop gebasseer is of in verband met humor, humorsin en psigologiese welstand is al deur my gepubliseer nie. Die huidige pandemie het egter die navorsing weer skerp onderstreep en die relevansie daarvan getoon. As sulks is sommige verwysings vanuit die oorspronklike studie verkry, maar word dit in ons huidige konteks geplaas met bykomende verwysings na verdere, nuwer bronne.
Die Covid-19 pandemie en gepaardgaande omstandighede het mense se lewens handomkeer verander. Mense is afgesonder en van vele vryhede ontneem, soos sosiale kontak, aanraking en om te oefen. Sommige persone het die verbod op alkohol- en sigaret verkope moeilik gevind. Ook is fopnuus versprei en word mense herhaaldelik verseker dat ons wêreld en lewenswyse ingrypend verander het. Dit beteken dat mense se lokus van kontrole aangetas is en derhalwe ervaar mense ‘n gevoel van aangeleerde hulpeloosheid, angs, aggressie en magteloosheid.
Verskeie faktore wat persone help om nie net van dag tot dag te oorleef nie, maar om te floreer word in die artikel bespreek. Humor en humorsin is van die wyses waarop mense sin maak en poog om beheer te neem van hulle omstandighede. Humor speel wêreldwyd uit. Daar is daagliks grappe, strokiesprente, memes ensovoorts op ons media wat mense laat lag en verligting bring in hierdie somber tydvak.
Trefwoorde - Humor, humorsin, psigofortologie, psigologiese weerbaarheid, psigologiese welstand.
Abstract
English title
The relationship between humour and psychological wellbeing with specific regard to the Covid-19 pandemic
Keywords – humour, sense of humour, psychofortology, psychological resilience, psychological wellness.
1. Inleiding
In Mei 2002 het ek ‘n proefskrif vir ‘n PhD-graad aan die Universiteit van die Vrystaat voorgelê. Die title was Die Verband Tussen Humorsin en Psigologiese Welstand by Adolessente. Dit is derhalwe vir my interessant en verblydend om te sien hoedat navorsing wat 19 jaar gelede onderneem is nou uitspeel tydens die uitbreek van die Covid-19 pandemie en hoe humor as hanteringsmeganisme gebruik word deur Suid-Afrikaners. Vir die doel van hierdie artikel gaan ek slegs verwys na die aard van humor en humorsin, die dinamika van psigologiese welstand en weerbaarheid en dan ook die verband tussen psigologiese welstand en humorsin. Daar is wel in die oorspronlike navorsing gevind dat daar statisties beduidende betroubaarheidsindekse verkry is vir feitlik alle skale en subskale van die meetinstrumente wat in die ondersoek gebruik is. Daar is byvoorbeeld gevind dat seuns hoër vlakke van humorsin rakende die skep van humor asook sosiale gebruik van humorsin toon. Mens dink onwillekeurig aan Trevor Noah, Nataniël, Leon Schuster en Pieter-Dirk Uys as volwasse voorbeelde van mense wat humor en hul eiesoortige humorsin suksesvol as ‘n loopbaan bedryf.
Die skrywer sal deurgaans poog om ooreenkomste tussen navorsing, teorieë en huidige gebeure tydens die Covid-19 pandemie aan te dui en waar moontlik, praktiese voorbeelde te gee .
2. Doelwitte
Die primêre doelwit van hierdie artikel is om die verband tussen humor en psigologiese welstand aan te dui. Daar sal dus aandag gegee word aan literatuur aangaande humor en die teoretiese raamwerk waarin dit geplaas word, asook aan psigologiese welstand en die teoretiese raamwerk waarin dít geplaas word. Verder sal die verband tussen humor en humorsin en psigologiese welstand aangedui word.Daar sal ook gepoog word om te illustree hoedat humor en Psigologiese welstand tydens die huidige buitengewone omstandighede tydens die Covid-19 pandemie manifesteer en aangemoedig kan word.
3. Psigologiese welstand
Ons eie geskiedenis is deurspek van mense wat in haglike omstandighede, spanning, onsekerheid en trauma oorleef het en meer vitaal, sterker en wyser uit die stryd kon tree. Die Anglo-Boereoorlog is ‘n goeie voorbeeld van mense se vermoë om trauma te oorkom. Ten spyte daarvan dat byna 50 000 vroue, mans en kinders in konsentrasiekampe dood is, kon baie slagoffers die trauma positief verwerk en meer weerbaar uit die oorlog tree (Pretorius 2001: 21).
Tans beleef die wêreld ‘n pandemie en word mense daagliks deur die media oorval met statistiek en beeldmateriaal van die verspeiding, behandeling en sterftes van pasiënte. As voorsorg teen die onbeheerbare versprei van die Coronavirus, het Suid-Afrika dus inperking ingestel. Hierdie staat van inperking word deur mense op verskeie wyses beleef. Angs, onrustigheid, depressie en ‘n oorkoepelende onsekerheid in verband met die toekoms word deur heelwat mense beleef.
Na aanleiding van teoretiese besinning oor psigologiese welstand in 1986 is die volgend definiese daarvoor saamgestel, naamlik: ‘n universele vermoë van die mens om teenspoed te kan erken, oorkom en om selfs sterker en beter te kan funksioneer weens die ervaring van teenspoed (Grotberg 1997: 3-4). Psigologiese welstand is teenwoordig by individuele persone, in groepe en in gemeenskappe, en versterk mense se lewens. Hierdie gedrag is ‘n reaksie op teenspoed en kan die vorm aanneem van voortgesette normale ontwikkeling of as bevordering van beter funksionering. Psigologiese welstand kan ook bevorder word, nie slegs as gevolg van teenspoed nie, maar juis in afwagting op onvermydelike rampspooed (Grotberg 1997: 3-4).
- Hierdie universele vermoë om psigologiese welstand te ontwikkel word gevoed deur:
- Eksterne ondersteuning en bronne, byvoorbeeld verhoudinge, skoolomgewing of rolmodelle;
- Innerlike-persoonlike eienskappe, byvoorbeeld temperament, self-geloof, hoop, geloof of lokus van kontrole; en
- Sosiale en interpersoonlike vaardighede, byvoorbeeld kreatiwiteit, humor of impulsbeheer.
Strümpfer (2001: 36-44) verwys na psigologiese welstand as ‘n patroon van sielkundige aktiwiteite wat bestaan uit ‘n motivering om sterk te wees wanneer ongewone eise gestel word, doelgerigte gedrag om probleme te hanteer en om te herstel asook met gepaardgaande emosies en kognisies te reageer.
Psigologiese welstand is dus ‘n latente intra-individuele gedragspatroon wat na vore tree wanneer ongewone eise gestel word en die eise moet binne die konteks van van die individu se lewe gesien word. Hierdie kontekste kan geskep word deur geslag, ouderdom, genetiese agtergrond, fisieke- en geestesgesondheid, persoonlikheidseienskappe, gesins-status en rolle, sosio-ekonomiese status, opleiding, die gemeenskap, sosiale netwerke, politieke omstandighede asook globale veranderlikes, soos die Covid-19 pandemie, wat ‘n rol kan speel (Strümpfer 2001: 36-44).
Psigologiese welstand is die resultaat van ‘n dinamiese, interaksionele patroon tussen interne persoonlike sterktes, eksterne ondersteuning en interpersoonlike sosiale vaardighede. Psigologiese welstand impliseer dat die persoon psigologies goed funksioneer en gepaste ontwikkelings-uitkomste bereik ten spyte van spanningsvolle en/of traumatiese lewenservarings. Dit impliseer ook ‘n veerkragtige proses van psigologiese weerbaarheid wat ‘n terug-bons na vorige of beter funksioneringsvlakke impliseer.
By ‘n kongres en werkswinkel verduidelik Wissing (2000 en 2001) psigologiese welstand as die hoogste punt van ‘n kontinuum van holistiese welstand in die kognitiewe, emosionele, spirituele, fisieke, en sosiale areas van die lewe sowel as by beroepsontwikkeling en omgewing.
Oaklander (2015) haal Dr. Charney se beskouing van psigologiese welstand aan. Hy bestudeer psigologiese welstand vir 20 jaar en bevind dat dit goed is vir mense om uitdagings te ervaar en dat psigologiese welstand vaardighede behels wat aangeleer kan word. So neem hy sy kinders op uitdagende “avonture” om hulle meer gehard te maak.
Uit bogenoemde kan gesien word dat die huidige pandemie wel tot voordeel deur mense aangewend kan word. Dit is opvallend dat ons president, Meneer Cyril Ramaphosa in sy toesprake uitsprake lewer wat psigologiese weerstand kan bevorder. Hy gee inligting, verduidelik stappe wat geneem word op ‘n kalm en bekwame wyse, stel gerus en wys hoedat persone moet optree. En dan is daar ook humor wanneer hy sukkel om ‘n masker korrek op sy gesig te plaas. Uit sy voorbeeld kan mense leer om die situasie te herfraseer en om te glo dat die pandemie oorkom sal word.
3.1 Konstrukte wat verband hou met psigologiese welstand
In die volgende afdeling word sekere konstrukte bespreek wat verbandhoudend is met psigologiese welstand. Hierdie konstrukte kan vergelyk word met die arms van ‘n seekat wat die liggaam, naamlik, psigologiese welstand, voed en bystaan.
3.1.1 Koherensiesin
Die konsep van algemene weerstandshulpbronne verskaf sinvolle lewenservaring en kan ingedeel word in die volgende:
1. Fisieke en biochemiese weerstandshulpbronne, byvoorbeeld die vermoë van die immuunsisteem om effektief te funksioneer;
2. Kunsmatige weerstandshulpbronne, byvoorbeeld status, dienste, mag, behuising, voedsel en finansiële middele;
3. Kognitiewe weerstandshulpbronne wat intelligensie, kennis, inligting en opleiding insluit;
4. Emosionele weerstandshulpbronne soos ego-identiteit;
5. Hantering -strategieë wat verwys na die vermoë om planne te beraam;
6. Interpersoonlike weerstandshulpbronne, byvoorbeeld ondersteuningsraamwerke en die vermoë om verbintenisse te maak; en
7.Makrososiokulturele weerstandshulpbronne. Hierdie dui op ‘n persoon se kulturele en sosiale agtergrond asook geloofsisteem.
‘n Sterk koherensiesin mobiliseer algemene en spesifieke weerstandhulpbronne tot die individu se beskikking en word breedvoerig in ‘n ongepubliseerde doktorale proefskrif deur Van Eeden (1996) bespreek. Ook beklemtoon Antonovsky (1979) dat die mens deur talle stressore gebombardeer word en dat algemene weerstandhulpbronne die mens help om sin te maak van en om die ervaring van spanningsvolle ervarings te vergemaklik. Van hierdie sogenaamde stressore is onder meer verkeersknope, rusies, finansiële bekommernisse en ook kroniese siekte (Oaklander 2015: 28). Hoewel die huidige pandemie nie ‘n kroniese siekte is nie, is dit belangrik om te weet dat die siekte op sig self mense spanning veroorsaak. Die Covid-19 virus is ‘n onbekende en onvoorspelbare fenomeen en mense is angstig om nie siek te word nie.
Die drie kernkomponente by koherensiesin is eerstens, begrip/verstaanbaarheid. Hiermee word bedoel die mate waarin ‘n persoon kognitiewe sin gee an interne ek eksterne stimuli asook ‘n sterk mate van voorspelbaarheid. Die tweede kernkomponent is hanteerbaarheid wat dui op die mate waarop ‘n persoon op hulpbronne kan staatmaak en sluit veral vertrouingsverhoudings met lewensmaats, vriende en geloof in. Laastens, sinvolheid wat verwys na die mate waarin ‘n persoon voel dat die lewe emosionele sin maak en die oortuiging dat dit die moeite werd is om sekere probleme te konfronteer en op te los (Antonovsky 1979).
Dit is dus duidelik dat die huidige lewensomstandighede hoë eise aan mense se koherensiesin stel. Navorsers weet nie presies waar die virus vandaan kom nie, as gevolg van die siekte word mense gedwing om sonder sosiale kontak te gaan en boonop kan niemand ten volle voorspel hoe die toekoms vir ons lyk nie. Talle kenners beweer dat ons lewensstyl heeltemal gaan verander, maar niemand kan uitstip presies hoe nie.
3.1.2 Fortaliteit
Pretorius (1997) ontwikkel ‘n teorie van fortitude, oftewel fortaliteit, om te verklaar waarom mense oorleef, cope en funksioneer ten spyte van moeilike omstandighede. Fortaliteit word omskryf as die vermoë om spanning te hanteer en gesondheid te handhaaf en berus op ‘n positiewe beskouing van die self, die gesin en andere. Dit speel ook ‘n rol by die onderhoud van gesondheid ten opsigte van lewenstevredenheid en subjektiewe welstand.
Oaklander (2015: 30) beveel byvoorbeeld aan dat oefening, en dan oefening wat bewegings herhaal ‘n belangrike manier is om spanning die hoof te bied. Huidiglik tydens die pandemie sien mens ook hoedat oefening aanbeveel word om gesond te bly, die immunstelsel en kardiovaskulere stelsel op te bou en te versterk, spanning te verlaag en tyd te verdryf.
3.1.3 Geharde persoonlkheid
Die vertrekpunt vir ‘n teorie oor die geharde persoonlikheid is geleë in die eksistensialisme wat aanvoer dat die mens die uitdaging aanvaar om ‘n sinvolle bestaan te skep in ‘n spanningsvolle wêreld. So ontstaan die potensiaal om te groei en vervulling te ervaar. Kobasa (1979: 1-11) beskou gehardheid as ‘n globale persoonlikheidskonstruk wat die verhouding tussen spanning en gesondheid tussengaan. Die drie komponente van gehardheid is:
1. Verbintenis (versus vervreemding). Dit is ‘n vertroue in die waarde en belang van die persoon self, asook die gekose aktiwiteite, belangstellings, verhoudings, aktiwiteite en sosiale organisasies waarby die persoon betrokke is;
2. Kontrole (versus magteloosheid). Dit stem ooreen met ‘n interne-eksterne lokus van kontrole en kom daarop neer dat die persoon vertrou en sodanig optree asof hy kontrole het oor lewensgebeure. Kontrole of beheer word uitgeoefen deur denke sowel as optrede; en
3. Uitdaging (versus bedreiging). Die dui daarop om te wagte te wees dat verandering en nie stabiliteit nie, die norm is.
Dit is dus baie belangrik dat ‘n mens oortuig is daarvan dat jy altyd in beheer oor jou interpretasie van ‘n situasie is. Soos die Engelse spreekwoord lui: As die lewe vir jou suurlemoene gee; maak jy lemonade. Prakties kan dit beteken dat hierdie tyd van inperking gebruik kan word om nuwe vaardighede aan te leer, te lees, te oefen, skoon te maak, te (probeer) ontspan, te mediteer en soveel meer.
3.1.4 Potensie
Potensie is die individu se vertroue in sy eie vaardigheid sowel as vertroue en verbintenis tot sy sosiale omgewing. Dit is die opbou van vorige suksesvolle coping en lei derhalwe tot bemagtiging, bemeestering sowel as self-waardering.
In The Book of Joy (Abrams 2016: 157 en 211) is daar talle voorbeelde van die Dalai Lama en Biskop Tutu se oortuiging dat hulle ‘n belangrike lewenstaak uitvoer en dat hulle daar is om vrede te bereidwillig.
3.1.5 Aangeleerde vindingrykheid
Hierdie konstruk is gewortel in behaviourisme en steun op Rosenbaum (1980: 50-64) se aanname dat ‘n mens se gedragsrepetoire verkry word deur aangeleerde gedragsvaardighede. Hierdie vaardighede stel mense in staat om lewenseise en spanning te hanteer. Dit is nie ‘n persoonlikheidstrek nie, maar is deel van ‘n ingewikkelde interaksie tussen gedrag, kognisie en affek; wat dan ook weer konstant in interaksie is met ‘n persoon se fisieke en sosiale omgewing.
Die samehang tussen koherensiesin, geharde persoonlikheid en aangeleerde vindingrykheid is dat koherensiesin en geharde persoonlikheid prosesse verteenwoordig in die coping-proses tydens die evaluasiefase waar ‘n stressor beoordeel word. Aangeleerde vindingrykheid is waar gedragsvaardighede benut word om die stressor te hanteer of dan, daarmee te cope (Van Eeden: 1996). ‘n Goeie voorbeeld van so ‘n vaardigheid is meditasie. Hoelank en waar die meditasie plaasvind is ‘n persoonlike voorkeur, maar neurologiese studies toon aan dat meditasie die brein besonder baie help om van spanning te herstel (Oaklander 2015: 30).
3.1.6 Lewenstevredenheid
Lewenstevredenheid is ‘n subjektiewe ervaring van welstand en berus op die persoon se kognitiewe prosesse in die beoordeling van die betekenisvolheid van sy lewe. ‘n Persoon beoordeel sy omstandighede volgens ‘n eie interne maatstaf en tevredenheid word dus nie ekstern bepaal nie. ‘n Satisfaction with Life Scale is in 1985 onwikkel (Diener 1984: 542-575).
Die boek The Art of Stopping Time (Shojai 2017: 203) beklemtoon hoe belangrik die bewuste bestuur van tyd is. Deur meer bewus, of dan mindfully, aktiwiteite soos oefeninge, etenstye, tuinmaak ensomeer uit te voer, verhoog ‘n mens jou genot en tevredenheid met jou lewe.Tydens die inperking kan ‘n mens dus groot tevredenheid beleef deur om rustig en met aandag eenvoudige alledaagshede, soos byvoorbeeld om ‘n lekker koppie koffie te drink, te herontdek.
3.1.7 Humorsin
Humor en humorsin word deur Witmer en Sweeney (1992: 140-147) en Kümpfer (1999) as konstrukte van psigologiese welstand beskryf. Thorson en Powell (1993: 605-610) beskou humor as ‘n wyse waarop die individu na die wêreld kyk. ‘n Persoon se sin vir humor word deur verskeie elemente opgebou, en afhangend van die situasie, demografiese faktore en persoonlikheidsfaktore manifesteer persone se individuele humorsin. Humor dra by tot coping, bemagtiging, bemeestering en hantering van spanning.
Abrams (2016: 215) wy ‘n hele hoofstuk in sy boek,The Book of Joy,aan die bespreking van die humor en humorsin van die Dalai Lama en Biskop Tutu. Hy beskryf hoedat hulle glo dat humor en humor sin aangeleer kan word en dat, perslot van rekening, lag en huil dieselfde is, dit is net dat lag beter voel.
3.1.8 Psigologiese weerbaarheid
Psigologiese weerbaarheid is waarskynlik die eerste keer in ‘n sielkundige konteks deur Block (1950: 89-104) gebruik. Dit dui op veerkragtigheid; die vermoë van die ego om vining te herstel of terug te bons na normale funksionering en ‘n taaimaak, versterkende effek.Grotberg (1997) beweer dat dit ook die vooruitsien van probleme insluit. Die Afrikaanse uitdrukking “‘n Boer maak ‘n plan,” illustreer bogenoemde uitstekend.
3.1.9 Coping
Coping word omskryf as stabiliserende reaksie om psigologiese aanpassing ten tye van eksterne spanningsvolle of negatiewe situasies te handhaaf en word breedvoerig in ‘n handboek deur Lazarus en Folkman bespreek. (Lazarus en Folkman 1984).
Coping-meetinstrumente meet twee baiese strategieë, naamlik emosie-gerigte en probleemgerigte coping. Probleemgerigte coping hou verband met koherensiesin, optimisme, selfbekwaamheid, ‘n gevoel van bemeestering en goeie funksionering. Emosiegerigte coping behels die opsoek van ander persone om hulp en ondersteuning sowel as positiewe hervertolking van probleemsituasies. Dit kan ook steun op geloofsisteme behels (Holahan en Moos 1990: 909-917 en 1996: 24-43).
“Baasraak” is myns insiens ‘n uitstekende vertaling vir coping. Bogenoemde dui dus daarop of ‘n persoon op sy eie ‘n probleem aanpak of eerder andere se hulp vra om ‘n probleem baas te raak.
3.2 Samevatting
Sapolsky (2017: 595) skryf dat Carol Dweek bevind dat om slim kinders te prys dat hulle hard gewerk het vir goeie resultate beter psigologiese welstand ontwikkel as om die kind te vertel dat hy slim is. Dit is myns insiens interessant om na ons President te luister en om te hoor hoedat hy die nasie prys omdat persone saamwerk, hard werk en dat ons weer ons land en ekonomie sal opbou. Hy beklemtoon die harde werk wat geverg gaan word, maar bemagtig ook mense deurdat hy indirek psigologiese weerstand bevorder. President Ramaphosa stimuleer interne lokus van kontrole deur om herhaaldelik te bevestig dat Suid-Afrikaners die moeilike tydperk sal oorkom. Uit die voorafgaande kan die leser aflei dat die staat van inperking streng eise aan almal stel. Daar is tans geen sekere uitkoms aan die wêreldwye pandemie nie. Mense is ontwrig en ontdaan van kontrole, is angstig oor die toekoms en die uitkoms van die pandemie. Dit is dus uiters moeilik om tans gelukkig, tevrede , optimisties en produktief te wees.
Vervolgens word ‘n holistiese model vir welstand en voorkoming kortliks bespreek om die artikel teoreties te grond.
4. Witmer en Sweeney se holistiese model vir welstand en voorkoming oor die lewensloop
Volgens Witmer en Sweeney (1992: 140) is hulle model “an effort to demonstrate the interconnectedness of the characteristics of the healthy peron, the life tasks and the life forces. All these components interact for the well-being or detriment of the person. If we understand these dynamics, our counselling and human development services will be more holistic for growth and learning over the life span.” In ander woorde, bied hierdie model inligting om persone te help om meer weerbaar te wees.
Hierdie geïntegreerde paradigma inkorpereer teoretiese konsepte van verskeie studievelde, naamlik Sielkunde, Volkekunde, Sosiologie, Godsdiens en Opvoedkunde. Die fokus is op integrasie van psige, liggaam, gees en verhoudings met andere, sowel as dit wat nodig en gewens is vir optimale gesondheid en funksionering (Witmer en Sweeney 1992: 140). Die model gee duidelike riglyne vir die ontwikkelig van welstand. Eienskappe van ‘n gesonde persoon oor die lewensloop, in die konteks van vyf lewenstake, word beskryf. Die vyf take is:
1. Ontwikkeling van ‘n geestelike lewe;
2. Selfregulering;
3. Arbeidsaamheid/werk;
4. Ontwikkeling van vriendskappe; en
5. Ontwikkeling van liefdesverhoudinge.
Hierdie vyf lewenstake word in ‘n wiel van welstand en voorkoming geplaas (Figuur A). Die lewenstake is ‘n dinamiese interaksie met sogenaamde lewenskragte soos famile, gemeenskap, geloof, opvoeding, regering, media en ekonomiese magte. Globale gebeure, soos die huidige pandemie, het ‘n impak en word ook wedersyds deur lewenskragte en lewenstake beïnvloed. Die samewerking van al die komponente ter aftakeling of tot welstand, sowel as die van die individu en van die mensdom is ‘n dinamiese proses (Van Eeden 1996). Dit beteken dus dat elke persoon bogenoemde take op sy individuele manier sal aanpak en uitvoer.
Figuur A: Die wiel van welstand en voorkoming van Witmer en Sweeney (1992) soos aangepas deur Van Eeden (1996).
Dit is op hierdie stadium nodig om meer aandag te gee aan hierdie lewenstake en vervolgens word die vyf take in meer besonderhede bespreek:
4.1 Lewenstaak 1: Ontwikkel van ‘n geestelike lewe (Spirituality)
Elke beskawing, kultuur en nasie steun op geloogsoortuigings wat waardes onderhou ten opsigte van dit wat heilig en essensieel is vir die voortbestaan van die lewe self. Hierdie oortuigings vind beslag in etiese, morele en regskodes. Volgens Witmer en Sweeney (1992: 140-147) beweer Buscaglia (1978) dat volgens ‘n studie van sewe gelowe, die belangrikste gebod die van naasteliefde is.
4.2 Lewenstaak 2: Self-regulasie (Self-regulation)
Die proses waardeur ‘n individu relatiewe langtermynpatrone van doelgerigte gedrag koördineer word self-regulasie genoem. Die individu word in staat gestel om die self te rig, te beheer, en te bestuur tot selfbevordering, maar binne die perke van gemeenskapsnorme. Die volgende eienskappe stel die individu in staat om homself suksesvol te reguleer ten einde optimale welstand te bekom: ‘n sin vir eie waarde, ‘n sin vir beheer (interne lokus van kontrole), realistiese aannames; spontanïetiet en emosionele uitdrukkingsvermoë; en dan intellektuele stimulasie, probleemoplossing, kreatiwiteit, humorsin, fisieke fiksheid en gesonde lewenspatrone (Witmer en Sweeney 1992: 140-147).
4.3 Lewenstaak 3: Werk (Arbeidsaamheid)
Witmer en Sweeney (1992: 140-147) sluit lonende arbeid, kinderopvoeding, huishouding, opvoedkundige hulpverlening en vrywillige gemeenskapswerk hieronder in. Dit kan ook stokperdjies, spel (by kinders) en vryetydsbesteding insluit. Arbeidsaamheid bevorder eie waarde, bekwaamheid, bemeestering en toewyding. Dit lei tot interaksie met andere, ‘n gevoel van diensbaarheid en sosiale status. Ekonomiese voordele van ‘n werk behels inkomste vir lewensmiddele., bewyse van sukses en ‘n goeie lewenstyl (Van Eeden 1996).
4.4 Lewenstaak 4: Ontwikkel van vriendskappe
Vriendskappe hou verband met lewenstevredenheid, sosiale betrokkenheid, emosionele ondersteuning, inligting, raad en terugvoer (Witmer en Sweeney 1992: 140-147).
4.5 Lewenstaak 5: Ontwikkel van liefdesverhoudinge
Navorsing in verband met lewenskwaliteit, lewenstevredenheid en wellbeing vind dat ‘n huweliksmaat, kinders en hegte vriendskappe die belangrikste bydraes tot psigologiese welstand lewer. Aspekte soos vertroue, intimiteit, deernis, meegevoel, kameraadskap, en soortgelyke kenmerke van ‘n liefdevolle verhouding dra by tot psigologiese welstand sowel as langer lewensverwagting (Witmer en Sweeney 1992: 140-147 en Van Eeden 1996).
Die ontwikkeling en uitvoer van die vyf lewenstake word deur die lewenskragte beïnvloed. Die lewenskragte is primêre sosiale instellings wat bemoeidenis maak met die gesondheid en psigologiese welstand van elke individu. Die kragte is: (Witmer en Sweeney 1992: 140-147 en Van Eeden 1996):
- Familie. Sterk families beskik oor toewyding, waardering van lede, kommunikasie, vryetydspandering en probleemoplossingsvaardighede;
- Geloofsisteem as primêre bron van vrede en waardes;
- Opvoeding het onbeperkte potensiaal om groei aan te moedig;
- Gemeenskap en interafhanklikheid bly essensiële komponente van menslike welstand;
- Media word beïnvloed deur heersende waardes, maar is ook self baie invloedryk ten opsigte van die vorming van houdings, aannames en behoeftes. Die rol wat die media in die verspreidng van nuus, inligting asook fopnuus tydens die huidige pandemie speel is massief. Sonder hierdie lewenskrag sou die pandemie byna onbeheersd uitgebrei het. Ongelukkig is daar dan ook nou die invloed van fopnuus (Figuur B);
- Regering. Regeringsbeleid en praktyke het ‘n impak op menslike gedrag en ‘n indruk van welstand kan net ten goede wees. Dit is vir my ironies, maar ook ‘n riem onder die hart om te sien hoedat al die politieke partye tans saamstem en ons President ondersteun;
- Ekonomie/Industrie. Werknemer-hulpprogramme wat ingestel is op die bevordering van welstand kan groot groepe mense se lewenspeil ingrypend verhoog;
- Globale gebeure en kosmiese bewustheid; en
- Wêreldpatologie. Oorloë, hongersnood, armoede, besoedeling, oorbevolking, kinderarbeid, rampe, werkloosheid en die misbruik van hulpbronne kan as manifestasies van wêreldpatologie gesien word. Hierdie faktore het ‘n impak op die individu se lewensloop.
Figuur B: Strokiesprent deur Zapiro.
4.6 Samevattend
Die huidige pandemie beïnvloed individue, bevolkings en naises. Mense se lewensomstandigehede is totaal en al omver gewerp. Daar is geen voorspellingsgeldigheid ten opsigte van die toekoms nie. Die pandemie ontlok verskeie reaksie en die vele grappe, komiese liedjies, gesegdes, memes en ironiese waarnemings mag hardvogtig voorkom, totdat jy besef dat humorsin ‘n belangrike komponent van self-regulering is.
Voordat humor en humorsin bespreek word moet die empiries gebaseerde model vam Ryff en Singer (1998: 1-28) ook net genoem word omdat dit nog verdere en waardevolle inligting gee. Volgens Ryff en Singer is menslike welstand ‘n betrokkenheid en verbintenis met die lewe en dat die toegewyde verbintenis universeel gesetel is in die strewe:
- Om ‘n doelgerigte lewe te voer;
- Betekenisvolle verbintenisse tot ander te vorm; en
- Self-respek en bemeestering te verkry.
Volgens Ryff en Singer (1998: 1-28) het die filosoof Bertrand Russell ‘n sogenaamde zest vir die lewe beskryf en beklemtoon betrokkenheid by familie, werk en inter-persoonlike verhoudinge. Die werk van Frankl (1979) vind hier ook aanklank in dat hy bevind dat ‘n lewensdoelwit van uiterse belang was vir persone wat Nazi-kampe kon oorleef. In ‘n 2016 artikel in The New York Times bespreek Maria Konnikova navorsing wat aantoon dat daar verskeie wyses is waardeur persone resilient raak. Sy bevestig basies al die voorafgaande inligting en sy haal ook Seligman (1975) aan en sy bewering dat persone geleer kan word om:
- Eksterne lokus van kontrole na interne lokus van kontrole te skuif. Met ander woorde, ‘n mens kan jou reaksie op omstandighede beheer al kan jy nie die omstandighede verander nie;
- Fokus op die globale na die spesifeke te verskuif. Met ander woorde, wat kan die persoon in sy omgewing verander of beheer; en
- Om te verstaan dat die huidige omstandighede nie permanent is nie en wel sal verander.
Op die stadium raak dit noodsaaklik om humor en humorsin te bespreek en hoedat humor en humorsin indiwidue kan bystaan om tydens die pandemie meer produktief en kreatief te lewe.
5. Humor en humorsin
Daar bestaan reeds die afgelope drie millenia ‘n bewustheid van humorsin. Reeds in die Ou Testament word vewysings gevind na humor en humorsin. In Psalm 126:2 van die Bybel word daar geskryf: “Ons het gelag en gesing.” In die 4de eeu voor Christus, verwys Christolle na komedie in uitvoerende kuns. Hoffes en Descartes, in die 17de eeu, het ook gepoog om die ware betekenis van lag en humorsin te verklaar (Lowis 1993).
So ook skryf Freud (1916 en 1928) oor die struktuur en funksies van humor en humorsin, Eysenck (1941) publiseer navorsing oor humorwaardering en Lubosky en Catell (1947) volg sy navorsing op. Outeurs soos Ruch, McGhee en Hehl (1990) en Thorson en Powell (1993, 1994 en 1997) doen uitgebreide navorsing en beskou humorsin as ‘n aangebore eienskap van persoonlikheid.
Humor se bruikbaarheid kan in vier katagorieë ingedeel word, naamlik:
1. Sosiale fasilitering en kontrolering. Humor help om verhoudings te bou en spanning te verlig; aggressie te versag en om norme binne die groep te versterk asook om buitestaanders uit te wys;
2. Opvoeding en onderrig. Leerders wat vir hulle eie foute kan lag vind positiewe baat omdat hulle afstand kan skep tussen die gevoel van onkunde en die aanleer van vaardighede (Dubberley 1993);
3. Humor kan verskuilde aggressie uitdruk. Kyk byvoorbeeld hoedat Leon Shuster en Trevor Noah sosiale en politieke kommentaar lewer; en
4. As hulpmiddel by terapie omdat humor kan help om afstand te skep en dus ‘n bydrae lewer om meer objektief na ‘n probleem te kyk (Lowis 1993).
Tans word humor gebruik om afstand te skep tussen angs, vrees en spanning wat weens die Covid-19 pandemie veroorsaak word. Wanneer daar afstand geskep is, kan persone makliker die pandemie en die impak daarvan verwerk. Humor help dus in die geval as ‘n hanteringsmeganisme.
5.1 Begripsverklaring
Daar bestaan nie eenstemmigheid oor ‘n definiese van humor en van humorsin nie. Woorde soos grappe, komedie, satire, pittigheid, om te lag, spot, terg, sarkasme, strokiesprente en spotprente moet ook binne konteks geplaas word. Al die voorafgaande kan soos dele in ‘n legkaart gesien word.
5.1.1 Humor
Humor word as volg omskryf in The Concise Oxford Dictionary, onder die lemma humour (US - humor):
n, 1a the quality of being amusing or comic. b the expression of humour in literature, speech etc.
2 (in full sense of humour) the ability to perceive or express humour or take a joke.
3 A mood or state of mind.
Lowis (1993: 11) definieer humor as volg: “Humour is a phenomenon created inter alia by verbal utterances or writings, which are either rated as funny by the beholders, or are judged to be so from the reactions of smiling and laughing.” Met ander woorde, humor neem die vorm van uitgesproke of geskrewe uitdrukkings aan wat as sulks beskryf word deur die wat dit hoor of lees of deur om ‘n lag of glimlag reaksie te ontlok.
Humor kan ook gesien word as ‘n vorm van spel – die speel met idees, gedagtes en gebeure (McGhee 1979).
5.1.2 Humorsin
Humor en humorsin word dikwels as ekwivalent beskou, maar Thorson en Powell (1993: 13) onderskei as volg: “Sense of humour overall is a way of looking at the world; it is a style, a means of self-protection and getting along. Elements of sense of humor differ from elements of humour” Humorsin is dus die manier waarop ‘n persoon se vermoë tot humor uitgedruk word. Dit is die hoe van elkeen se besonderse humor.
5.2 Humoristiese manifestasies
Grappe, poetse, spot, spotprente, komedie, spotprentreekse, speelsheid, pittigheid, sarkasme, snaakse stories, lag, satire en die meer onlangs onwikkelde memes is wyses waarop ‘n persoon se humorsin na vore tree. Dat ‘n persoon een, of ‘n kombinasie van bogenoemde kan skep, waardeer of geniet is ‘n aanduiding van ‘n basiese vermoë tot humor (Wyer en Collins 1992: 663-688 en Lowis 1993).
5.3 Verskillende vorme van humor
In die volgende afdeling van hierdie artikel sal verskeie manifestasies van humor kortliks bespreek word.
5.3.1 Freud se triade
Freud (1905) beskou humor, die komiese en pittigheid (wit) as drie verskillende wyses om plesier deur middle van intellektuele aktiwiteit te verkry. Humor is die persoon se houding teenoor sy situasie, pittigheid is opsetlike grappigheid en die komiese is om snaaksigheid waar te neem, juis waar dit nie só bedoel is nie, soos wanneer ‘n persoon die drang kry om te lag tydens ‘n ernstige preek omdat die preker oordrewe gebare gebruik.
5.3.2 Fisieke en visuele humor
Narre, poppespel, poetse bak, mimiek, parodie, karikature, speelsheid en nie-verbale gedrag en sogenaamde slapstick val onder fisieke humor. Spotprente, grapprente, en comic strips asook graffiti vorm dan deel van visuele humor (Lowis 1993).
Figuur C: Peanuts strokiesprent deur Charles M. Schulz.
5.3.3 Verbale humor
Freud (1957) deel grappe in as verbaal of konseptueel. Verbale grappe behels ‘n spel met woorde terwyl konseptuele grappe spel gedagtes/idees behels. Hy klassifiseer ook grappe as abstrak, onskuldig of tendensieus (partydig). Hy brei nie uit oor abstrakte of onskuldige grappe nie, maar noem vier klasse partydige grappe naamlik: obseen; aggressief/vyandig; sinies/godslasterlik en absurd. Freud het nie uitgebrei oor sy klassifikasie nie.
Verbale humor kan ook as linguistiese humor beskou word en sluit sinspelig, oordrywing, hoogdrawendheid, ironie, skerts, woordspeling, satire, sarkasme, spot en gevatheid in. Hier is goeie semantiese begrip nodig. Daarom is verbale humor dikwels moeilik toeganklik vir persone van ‘n ander kultuur of taalgroep as die van dié van die verteller (Raskin 1985).
Terg, verrassing, self-miskenning, raaisels, strikvrae, retoriese vrae en dubbelsinnighede is ook moontlike bronne van verbale humor. Galgehumor en grappe oor die dood is deel hiervan en skep ‘n gevoel van kontrole oor ‘n onbeheerbare situasie (Lowis 1993). Die doodsvrees wat gepaard gaan met die huidige Coronavirus pandemie lei tot verskeie humoristiese uitlatings en gee aan persone ‘n gevoel van beheer. Een so galgegrap wat ek onlangs gesien het, het bloot gestel “at least we will die laughing” oor ‘n foto van ‘n persoon wat handwasmiddel drink.
5.3.4 Spontane humor
Terg, speletjies, korswel en ‘n element van speelsheid (fun) is hier teenwoordig (Lowis 1993). Vervolgens ‘n goeie voorbeeld van spontane humor: In The Book of Joy vertel Biskop Tutu hoedat hy in Noord-Ierland in ‘n vergadering hoë spanning ontlont het deur om kliphard te lag toe ‘n persoon sê dat hy as Protestant geleer is dat hy Katolieke mag vervolg omdat Jesus’n protestant was. Almal kon saamlag toe die Biskop uitwys dat Jesus inderdaad ‘n Jood was (Abrahams 2016: 218).
5.4 Neuro-fisiologiese grondslae van humor
Studies van Browell en Gardener in Fundamentals of Human Neuropsychology (Lezak 1995) het aangetoon dat breinskade ‘n afname in humorsin kan veroorsaak. Skade aan die regterhemisfeer en veral die frontale kwab lei daartoe dat ‘n persoon geen humor waarneem nie óf humor in alle situasie waarneem. Carter (1998) beskryf ‘n geval waar ‘n regter sodanige skade opgedoen het. Hy was vrolik, opgewek en het gedurig gelag. Ernstige oortredings is nie gestaf nie en geringe misdade is fel gestraf. Perone met regter hemisfeer skade verloor die vermoë om diverse inligting te verwerk. Hulle reageer onvanpas en verkneuter hulle aan eienaardige situasies (Lezak 1995).
Skade aan die linker hemisfeer tas die interpretasie van verbale material aan en persone sukkel om humor te begryp. Lezak (1995) lê klem op die feit dat sowel regter- as linkerhemisfeerfunksies betrek word by die gebruik van humor.
5.5 Fisiologiese aspekte van lagbuie
Tydens ‘n lagbui verhoog hartklop, suurstofwisseling en sweetafskeiding. Endorfine afskeiding verhoog en ‘n gevoel van euforie onstaan, tesame met sosiale versterking kan dit die behoefte om te lag versterk.
5.6 Humor en ander verbandhoudende funksies
Humor is ‘n multidimensionele konstruk en hou ook verband met verskeie ander aspekte van menswees. Hierdie aspekte word hier in verdere besonderhede bespreek.
5.6.1 Menslike onwikkeling
Humorwaardering, taalontwikkeling en kognitiewe onwikkeling gaan hand aan hand. Ruch, McGhee en Hehl (1990) toon dat humor wat op inkongruensie steun toeneem vanaf 16 jaar terwyl die voorkeur vir “nonsense”-humor by ouer persone afneem.
5.6.2 Sosiale vaardigheid en humor
Humor is ‘n fundamentele kenmerk van sosiale kommunikasie. Dit word ook aangewend om konflik te verminder (Wyer en Collins 1992: 633-688). Humorsin versterk groep-kohesie deurdat ‘n groep sekere grappe en insidente en woorde snaaks vind. Seksuele en aggressiewe gevoelens word ook ingespan om spanning in ‘n groep te verlaag (Masten 1986: 205-220). Tans is daar heelwat grappe oor alkohol gebruik in omloop en word staaltjies gedeel oor pynappelbier wat ontplof. Mense voel magteloos en waarskynlik ook skaamkwaad oor hulle gebruik van drank en vind verligting in grappe daaroor, byvoorbeeld ‘n foto van ‘n bottel Captain Morgan rum met byskrif: “Na die inperking is ek Admiral Morgan.”
Ziv (1984) vind dat adolossente met ‘n goed ontwikkelde humorsin meer gewild is en as beter leiers beskou word. Humorsin en intelligensie toon ook ‘n hoë verband en hou ook verband met goeie begrip en akademiese vordering. Dirigente by skole is gewoonlik grapmakers en dikwels meer gewild as die prefekte.
5.6.3 Humorsin as verdedigingsmeganisme
Humor word beskou as ‘n verdedigingsmeganisme wat angs, veroorsaak deur kognitiewe dissonansie, verminder (Valliant 2000: 88-89). Humor bied die geleentheid om emosie uit te druk en om pynlike inhoude direk waar te neem en te verwerk op ‘n wyse wat beide produktief en kreatief is. Grappe oor rampe, en ongelukke, en selfs die huidige pandemie, lei daartoe dat persone die wrede waarheid kan erken, herken en verwerk. Deerhalwe word voorkom dat ‘n persoon stagneer weens pyn en vrees (McGhee 1979: 328-348).
Figuur D: Peanuts strokiesprent deur Charles M. Schulz.
5.7 Ontwikkeling van Humorsin
Vir die doeleindes van hierdie artikel word slegs na die ontwikkeling van humor by volwassenes verwys. Persoonlikheid, sosiale omstandighede en geslag speel ‘n rol by die humorsin van volwassenes. Mans is geneig om aggressie, vyandigheid en mededinging deur middel van humor uit te druk. Neerhalende houdings jeens vroue word ook in grappe uitgebeeld, byvoorbeeld blondinegrappe. Vroue maak meer gebruik van ironie, selfkleinering en onderskatting (Meyers, Ropog en Rodgers 1997: 221-222).
Werknemers gebruik humor om vriendskappe te smee en om verveeldheid te bestry. Ondergeskiktes is meer tevrede en gelukkig wanneer hulle meerderes ‘n positiewe en goeie sin vir humor toon (Decker en Rontondo 1999: 961-968). So het ons President bewys dat hy self ‘n goeie sin vir humor het toe hy met homself gespot het omdat hy gesukkel het om ‘n gesigmasker reg op sy gesig te plaas.
5.8 Teorieë ten opsigte van humor en humorsin
Die belangrikste van hierdie teorieë is Psigo-analitiese teorie, Kognitiewe ontwikkelingsteorie, Sosiale leer teorie, Gestalt teorie, Arousal teorie, ‘n Inter-aktiewe perspektief op humorsin en Apter se teorie. Die verskillende teorieë kan in drie hoofgroepe verdeel word. Die hoofgroepe is Psigo-Analitiese Teorieë, Kognitiewe ontwikkelingsteorie en Sosiale-leer Teorieë. Hierdie teorieë word kortliks bespreek.
5.8.1 Psigo-Analitiese Teorieë
Freud (1950) het humor, die komiese en geestigheid (wit) as drie verskillende wyses beskou om plesier uit intellektuele aktiwiteite te kry deur om uiting aan opgehopte affek te gee. Hierdie affek is gewoonlik aggressiewe of seksuele impulse. Deur om uiting te gee an hierdie impulse in die vorm van ‘n lagbui, bring verligting of dan ook ‘n katarsis te weeg. “There is no doubt that the essence of humour is that one spares oneself the affects to which the situation would naturallty give rise and overrides with a jest the possibility of such an emotional display” (Freud 1957: 216). Hiermee word bedoel dat humor mense help om ongemaklike gevoelens met gemak uit te druk. So sal leerders vir ’n kwaai en ongewilde onderwyser die bynaam “appelkop” gee omdat hy sy hare borselkop dra. Almal kan lag en die kinders voel bemagtig.
Psigo-analiste brei hulle benadering verder uit deur om eerstens te beweer dat humor ‘n verdedigings meganisme is waardeur die individu angs, skuldgevoelens, aggressie en woede kan hanteer en tweedens, is humor ‘n aanduiding van ‘n persoon se psigo-seksuele ontwikkeling. Die fases is die orale, anale, falliese, latente en genitale fases. Sogenaamde “toilethumor” dui op die anale fase. (Freud 1933).
5.8.2 Kognitiewe ontwikkelingsteorieë
Hierdie toerie steun op Piaget (1952) se vier invariante stadia van kognitiewe ontwikkeling, naamlik sensories-motories, pre-operasioneel, konkreet operasioneel en formeel operasioneel. Tydens elke stadium word sekere kognitiewe vaardighede bereik en ontwikkel die vermoë om abstrak te dink. Kognitiewe vermoëns hou verband met begripsvermoë, insig en die skep van humor (McGhee 1971).
Die vermoë om inkongruensie by humor te erken is ‘n baie belangrike aspek – dit is die vermoë om diskrepansie te sien en te ontleed tussen reeds bekende inligting en dit wat waargeneem word. Die wyse waarop diskrepante inligting verwek word lê op ‘n fantasie vlak en daar is ook ‘n speelse ingesteldheid (McGhee 1977: 27-33).
Die volgende strokiesprent illustreer die voorafgaande:
Figuur E: Peanuts strokiesprent deur Charles M. Schulz.
5.8.3 Sosiale-leerteorie
Sosiale-leerteoretici fokus eksklusief op die invloed van omgewingsfaktore op die gedrag van die individu en humor word as ‘n gedragsvorm beskou. Vanuit ‘n operante perspektief kom humoristiese gedrag voor wanneer die gedrag versterk word. Brown, Wheeler en Cash (1980: 334-339) bevind dat nabootsing ‘n primêre metode is waardeur kinders humoristiese gedrag aanleer en dat humor sosiale omgang vergemaklik. Humor is dus ‘n passiewe reaksie tot omgewings invloede. Menige ouer was al erg verleë oor kinders se sêgoed, byvoorbeeld ‘n seuntjie wat die dominee ewe vrolik innooi met: “Kom in en kom drink ‘n dop.”
5.8.4 Samevatting
Uit die voorafgaande is dit duidelik dat teorieë oor humor en die redes waarom humor ontstaan uiteenlopend is. Die interaksie tussen die individu, interne faktore, kognitiewe aspekte en die sosiale omgewing is belangrik. Tydens die huidige pandemie en die inperking wat baie mense beleef kan duidelik waargeneem word hoedat bogenoemde teorieë uitspeel. Die volgende table word as opsomming van die teorieë aangebied:
Figuur F: Opsomming van verskeie teorieë van humor en humorsin.
6. Humor en dimensies van persoonlikheid
Vervolgens word ‘n paar teoreië oor humor en persoonlikheidfaktore bespreek omdat dit duidelik is dat humor en humorsin ‘n hoogs individuele saak is.
6.1 Model van Catell en Luborsky
Teorieë oor humor bespreek selde humorsin as sodanig. Catell en Luborsky (1947: 408-414) was die eerste navorsers wat uitgebreide navorsing onderneem het ten einde “the foundation of humor study” te bepaal. Hulle stel ‘n humortoets op wat uit 200 grappe bestaan, interkorreleer die resultate en vind interkorrelasie tussen groepe (clusters) grappe. Hiervolgens identifiseer hulle 13 groepe en daarmee gepaardgaande persoonlikheidstrekke. Die 13 groepe en gepaardgaande trekke is:
1. Joviale seksualiteit. Hierdie gaan gepaard met impulsiwiteit en sorgvryheid, byvoorbeeld:
“Gosh you have a lovely figure.”
“Oh, lets not go over that again;”
2. Veragtend-superieur. Hierdie korreleer hoog met intelligensie, byvoorbeeld:
Boy: “Tell me, do you really like conceited men as well as the other kind?”
Girl: “What other kind?;”
3. Om ‘n ander persoon tot die wrede waarheid te ruk. Die korreleer in hoë mate met ‘n filosofiese, analiserende en introspektiewe geaardheid, byvoorbeeld:
“If I refuse to be your wife,” she whispered dramatically, “will you really commit suicide?” “That,” he said grandly,“has been my usual procedure;”
4. Verontagsaming van konvensies, gaafheid,en ordentlikheid. Hierdie korreleer met volwassenheid, integriteit en konstantheid, byvoorbeeld:
“Why are you so interested in art studies in the nude?”
“Oh, I guess I was born that way;”
5. Anti-outoriteitsfigure of spot met hoog geagte persone. Die korreleer met skaamheid, ontrekking, afsydigheid en aggressie, byvoorbeeld:
Father: “Jimmy, do you know what a pig is?”
Jimmy: “Yes, Papa. A pig is a hog’s little boy;”
6. Onderdrukte manlike passiwiteit of dominansie. Hierdie korreleer hoog met manlikheid en selfvertroue, byvoorbeeld:
“Man is a delightfull little worm who squirms about until he is about 23 and then some chick gets him;”
7. Ironie korreleer met selfvertroue en liefde vir sosiale kontak, byvoorbeeld:
“My roommate fell downstairs last night with two pints of gin.”
“Did he spill any?”
“No, he kept his mouth closed;”
8. Ekstrovertiewe. hale fellow-aggressie; ‘n vermoë om grappe te maak sonder bitterheid, byvoorbeeld:
“Where there is a snow storm you’ll find a white snow-like substance called snow;”
9. Speelsheid. Hierdie korreleer met ‘n persoon wat nie hou van negatiwiteit nie, byvoorbeeld:
Mother to unambitious daughter: “Your father can’t support both of us. Either you get married or I will have to divorce him;”
10. Verrassing en ongemak te veroorsaak by persone wat goed bedoel. Die korreleer hoog met hoë agressie teenoor skrifgeleerdes soos rabi’s en predikante, byvoorbeeld:
“Love is laughable. In fact it is just two silly;”
11. Sinisime wat korreleer met nugterheid en om die onperfekte uit te wys, byvoorbeeld:
“Come, Lonny, give the nice lady a kiss.”
“No, she is a nasty lady. She may give me a slap just as she did to papa;”
12. Naïwiteiet. Die korreleer hoofsaaklik met inhibering en beteuling van impulse, byvoorbeeld:
“I want a new corset for my wife”
“What bust?” asked the clerk. “Nothing, it just wore out;” en
13. Ongesofistikeerde goedgeaardheid. Hierdie korreleer met lae aggressie, byvoorbeeld:
He: “Pardon me, but you look like Helen Green.”
She: “So what? I look worse in pink.”
Uit bogenoemde eerste-orde persoonlikheidsfaktore word vyf tweede-orde persoonlikheidsfaktore afgelei naamlik:
1. Beheersheid;
2. Dominansie;
3. Seksualiteit;
4. Superioriteit; en
5. Sofistikasie.
Catell en Luborsky (1947: 402-421) beweer dat bogenoemde vyf algemene persoonlikheidsfaktore is wat manifesteer in keuse van grappe en dus humorsin. Verder bepaal kennis, modes, menings, en die sosiale situasie of die persoon uiting sal gee aan sy humorsin. Enige persoon sal dus grappe probeer maak en grappe,staaltjies en dies meer gebruik in sosiale situasies. Soms sal die grappe platval omdat die persoon nie die situasie reg lees nie of omdat die ander persone nie die grap verstaan nie.
6.2 Model van Allport
Allport (1961) plaas meer klem op Psigofortologie as op psigopatologie. Volgens Allport is een van die kiteria vir ‘n emosioneel volwasse persoon insig en humorsin, veral nie-aggressiewe humor en humor gemik op eie swakheide en tekortkominge.
Biskop Tutu beweer dat sy vrou hom nederig hou en veral graag ‘n karplakker aanhaal wat daarop neerkom dat enige vrou wat ‘n man se gelyke wil wees geen ambisie het nie (Abrams 2016: 219).
6.3 Model van Maslow
Volgens Maslow is die humorsin van goed funksioneerende persone filosofies van aard. Dit is deurdag en dui op begrip en insig (Maslow 1970). Dit beteken dat sulke persone die vermoë ontwikkel het om saam met mense te lag en nie vir hulle nie.
6.4 Model van Thorson en Powell (1993)
Thorson en Powell (1993: 1364-1366) bevind dat persone met ‘n goed ontwikkelde humorsin meer aanpasbaar, ekstovertief, positief en gemaklik in sosiale situasies is. Verder vind Hampes (1992: 127-130) dat humorsin ‘n veband toon met sosiale gedrag en die vermoë om intimiteit in verhoudings te handhaaf.
The Book of Joy is vir my ‘n voorbeeld van hoedat gedeelde humor, humorsin en die vermoë om saam te lag en derhalwe saam te huil ‘n diep, bevredigende vriendskap tussen twee uiteenlopende indiwidue kon vestig en laat floreer(Abrams 2016).
6.5 Samevatting
Om die multidimensionele aspekte van humor te staaf kan verwys word na die studie van Cohen (1980: 1495) wat persoonlikheidstrekke van professionele komedieante nagevors het. Daar is bevind dat hierdie persone skaam, hoogs intelligent, kreatief, vasbeslote en esteties is. Hulle is ook vindingryk, self-toereikend en geneig om hul eie behoeftes te bevredig. Hierdie persone was ook van mening dat hulle waarnemers is van menslike gedrag en gebeure en dat hulle derhalwe besonder sensitief en oplettend moet wees ten opsigte van gebeure. Mag ons in hierdie uitdagende tyd leer om kreatief en vreesloos grappe oor ons eie omstandighede te maak en steeds uitbundig lag.
7. Geslagsverskille en humor
Dit blyk dat vrouens meer gebruik maak van sogenaamde neerhalende humor. Hulle sal hulself afkraak en mans of hul vyande as minder as voorstel. Gloria Steinem het hierdie uitstekend bewys met haar kriptiese opmerkig “a woman needs a man like a fish needs a bicycle”(McGhee 1979). Dit blyk dat mans meer gebruik maak van humor en ook meer humor skep. Hulle maak meer gebruik van negatiewe humor, dit wil sê grappe met seksuele of beledigende inhoude. Mans maak in die werksituasie ook meer gebruik van humor (Decker en Rotondo 1999: 961-968).
Dit is vir my opvallend hoedat mans ‘n sosiale hierargie met humor skep. Daar is gewoonlik in grappe by sportspanne, ‘n grapverteller en byname wat aantoon wie nou eintlik wie is. Die een wat minder suksesvol in sy loopbaan is, kan nogsteeds in tel wees omdat hy die meeste grappe kan vertel.
8. Humor en psigologiese welstand
Humor word as ‘n belangrike eienskap van die gesonde, en by implikasie die weerbare persoon, beskou. Humorsin is ‘n eienskap van selfregulering. Selfregulering is spesifiek die proses waardeur die individu langtermyn patrone van doelgerigte gedrag vestig (Witmer en Sweeney 1992: 140-147).
Humorsin het positiewe psiologiese en sosiale veranderinge tot gevolg omdat dit buigsaamheid van denke verhoog, probleem-oplossing verbeter, rigiede denkpatrone verminder, kommunikasie verbeter en spanning neutraliseer. Humorsin kan ook ‘n verandering in persepsie te weeg bring. Die huidige pandemie skep ‘n ernstige, lewensbedreigende en inperkende omgewing waarin indiwidue, groepe en nasies swaarkry en van vele basiese mensregte ontsê word. Deur om op innerlike sterktes en ondermeer humor te steun kan mense vorentoe kyk en moed skep; letterlik en figuurlik asemskep.
Valliant (2000: 89-88) beskou humor as ‘n teenvoeter vir spanning omdat dit gebeure sowel as affek rondom dit wat gebeur bewus maak. Die skep, dus die kreatiewe aspek, van humor dra sterk by tot die vermindering van stressore en dra so by tot psigologiese welstand.
9. Gevolgtrekking
Ten slotte is dit duidelik dat humorsin op al drie die indelings van psigologiese welstand figureer, naamlik;
1. Eksterne ondersteuning – ‘n gevoel van “behoort aan” word gevestig;
2. Innerlike persoonlike sterktes – selfbeeld, interne lokus van kontrole, temperament en intelligensie word bygestaan en uitgelig deur ‘n goeie humorsin; en
3. Sosiale interpersoonlike sterktes – humor, kreatiwiteit, kommunikasie, die vermoë om op ‘n probleem te fokus en die vergemakliking van die skep van vertrouensverhoudinge en intimiteit toon ‘n positiewe verband met humor (Grotberg 1997).
Dit is duidelik dat ons in Suid-Afrika ‘n ongekende, ongewone en onvoorspelbare tydperk toe getree het. Persone is van byna alle bekende en aanvaarde regte, vryhede, plesier, geloofsgeleenthede en sosiale omgang ontneem. Tog gaan ons voort om te lag en om grappe te deel oor die situasie. Grappe, sketse, snaakse fotos en dies meer word op selfone, deur e-pos, televisie uitsendings en nog vele meer manière gedeel. Mense skep dus so ‘n gevoel van gemeensaamheid, versterk hul eie lokus van kontrole en kommunikeer dit wat so moeilik verwoord kan word. Dit is myns insiens ‘n gesonde reaksie om tydens die pandemie op psigologiese welstand en humor te steun. Ek hoop dat iedere en elk in hierdie tyd rede sal vind om hardop, met volle oorgawe te skaterlag.
Louise Boshoff (Prinsen), BA (UP), MA (UP) en PhD (UV); lid van PSYASSA, HPCSA en ‘n geassosieerde lid van die Clinical Neoropsychology Association of South Africa; in privaat praktyk sedert 1986.
Bibliografie
Abrahams, D. (red.) 2016. The book of joy. Kaapstad: Penguin Random House South Africa.
Allport, G.W. 1961. Pattern and growth in personality. New York: Holt, Rinehart & Winston.
Antonovsky, A. 1979. Health, stress and coping. San Francisco: Jossey-Bass.
Block, J. 1950. Psychosocial resilience in adults. In Strümpfer, D.J.W. 1999.
Browell, H.H. en Gardener, H. 1995. Fundamentals of Human Neuropsychology. In Lezak, M.D. 1995.
Brown, G. Wheeler, K. en Cash, M. 1980. The effects of a laughing versus non-laughing model on humor responses in preschool children. Journal of Experimental Child Psychology, 29: 334-339.
Buscaglia, L.F. 1978. Personhood: The art of being fully human. In Witmer, J.M. en Sweeney, T.J. 1992.
Carter, R. 1998. Mapping the mind. Great Britain: Weidenfeld & Nicolson.
Catell, R.B. en Luborsky, L.B. 1947. Personality factors in response to humor. Journal of Abnormal and Social Psychology, 42: 402-421.
Chapman, A.J. en Foot, H.C. (reds.) 1977. It’s a funny thing humour. Oxford: Pergamon.
Cohen, J.S. 1980. Personality profiles of American comic art professionals. Dissertation Abstracts International, 41(4): 1495-B.
Decker, W.H. en Rontondo, D.M. 1999. Use of humor at work: predictions and implications. Psychological Reports, 84: 961-968.
Diener, E. 1984. Subjective well-being. Psychological Bulletin, 95(3): 542-575.
Dubberley, W.S. 1993. Humour as Resistance. In Woods, P. en Hammersley, M. 1993.Gender and Ethnicity
Eysenck, H.J. 1941. The appreciation of humour: An experimental and theoretical study. British Journal of Psychology: 195-309.
Fisher, S. en Reason, J. (reds.) 1980. Handbook of life stress cognition and health. Chichester: Wiley.
Fowler, H.W. Fowler, F.G en Thompson, D. 1995. The Concise Oxford Dictionary, 9th Edition. Oxford: Clarendon Press.
Frankl, V.E. 1979. The unheard cry for meaning: Psychotherapy and humanism. New York: Touchstone.
Freud, S. 1905. Wit and its relation to the unconscious. London: T. Fischer Unwin Ltd.
–.1916. Introductory lectures on psychoanalysis. Harmondsforth: Penguin Books Ltd.
–.1928. Humour. The International Journal of Psycho-Analysis, 9(1): 1-6.
–.1933. New Introductory lectures on psychoanalysis. New York: Norton.
–.1957. Collected papers, volume 5. In Strachey, J. (red.) 1959.
Glantz, M. en Johnson, J. (reds.) 1999. Resilience and development: Positive life adaptions. New York: Plenum Press.
Grotberg, E.H. 1997. The international resilience research project. Ongepubliseer. Civitan International Research, U.A.B.
Hampes, W.P. 1992. Relation between intimacy and humour. Psychological Reports, 71: 127-130.
Holahan, C.J. en Moos, R.H. 1990. Life stressors, resistance factors and improved psychological functioning: An extension of the stress resistance paradigm. Journal of Personality and Social Psychology, 58: 909-917.
–. 1996. Coping, stress, resistance and growth: conceptualising adaptive functioning. In Zeidner, M. en Endler, N.S. (reds.) 1996.
Kobasa, S.C. 1979. Stressful life events, personality and health: An inquiry into hardiness. Journal of Personality and Social Psychology, 37(1): 1-11.
Konnikova, M. 2016. The joy of psyching myself out. The New York Times, 9 Januarie 2016. https://www.nytimes.com/2016/01/10/opinion/sunday/the-joy-of-psyching-myself-out.html (13 Maart 2020 geraadpleeg)
Kümpfer, K. 1999. Factors and processes contributing to resilience: The resilience framework. In Glantz, M. en Johnson, J. (reds.) 1999.
Lazarus, R.L. en Folkmans, S. 1984. Stress appraisal and coping. New York: Springer.
Lezak, M.D. 1995. Neuropsychological Assessment. 3de Uitgawe. Kaapstad: Kagiso Tersiêr.
Lowis, M.J. 1993. Humour, its nature, definition and use. Ongepubliseerde Doktorale proefskrif, Unisa, Pretoria.
Lubosky, L.B. en Catell, R.B. 1947. The validation of personality factors in humour. Journal of Personality, 15: 284-291.
Maslow, A.H. 1970. Motivation and personality. New York: Harper.
Masten, A.S. 1986. Humour and competence in school-aged children. Child Development, 57: 461-473.
McGhee, P.E. 1971. Development of the humour response: A review of the literature. Psychological Bulletin, 76(5): 328-348.
– . 1977. A model of the origins and early development of incongruity-based humour. In Chapman, A.J. en Foot, H.C. (reds.) 1977.
– . 1979. Humour. Its origin and development. San Francisco: W.H Freeman and Company.
Meyers, S.A., Ropog, B.L. en Rodgers, R.P. 1997. Sex differences in humor. Psychological Reports, 81(1): 221-222.
Oaklander, M. 2015. The science of bouncing back. TIME Magazine, 185(20/2015): 24-30.
Piaget, J. 1952. The origins of intelligence in children. New York: International Universities Press.
Pretorius, F. 2001. Verskroeide aarde. Kaapsatd: Human en Rosseau.
Pretorius, T.B. 1997. Salutogenic resistance resources: The role of personal and environmental characteristics in stress-resistance. Ongepubliseerde Doktorale proefskrif, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.
Raskin, V. 1985. Jokes. Psychology Today: 34-39.
Rosenbaum, M. 1980. Learned resourcesfulness, stress and self-regulation. In Fisher, S. en Reason, J. (reds.) 1980.
Ruch, W. McGhee, P.E. en Hehl, F.J. 1990. Age differences in the enjoyment of incongruity-resolution and nonsense humour during adulthood. Psychology and Aging, 5(3): 348-355.
Ryff, L.D. en Singer, B. 1998. The contours of positive human health. Psychological Inquiry, 9(1): 1-28.
Sapolsky, R.M .2017. Behave: The biology of humans at our best and worst. London: Penguin Publishing Group.
Schultz, C.M. 1980. You are a winner Charlie Brown. Great Britain: Hodder Fawcett.
– . 1988. Snoop stars as the world-famous literary ace. United Kingdom: Ravette Books Limited
Seligman, M. 1975. Helplessness: On depression, development and death. San Francisco: Freeman.
Shojai, P. 2017. The art of stopping time. United Kingdom: Penguine Random House.
Strachey, J. (red.) 1959. Freud collected papers, volume 5. New York: Basic Books.
Strümpfer, D.J.W. 1999. Psycho-social resilience in adults. Studia Psigologica, 41: 89-104.
– . 2001. Psychometric properties of an instrument to measure resilience in adults. South African Journal of Psychology, 31(1): 36-44.
Thorson, J.A. en Powell, F.C. 1993a. Development and validation of a multidimensional sense of humour scale. Journal of Clinical Psychology, 49(1): 13-23.
– .1993b. Sense of humour and dimensions of personality. Journal of Clinical Psychology, 49(6): 99.
– .1994. Depression and sense of humour. Psychology Reports, 75: 1473-1474.
– .1997. Factor-analytic study of sense of humour in Croatia and the USA. Psychological Reports, 81: 971-977.
Valliant, G.E. 2000. Adaptive mental mechanisms. American Psychologist, 55(1): 88-89.
Van Eeden, C. 1996. Psigologiese welstand en koherensie. Ongepubliseerde Doktorale proefskrif, PU vir CHO, Potchefstroom.
Wissing, M.P. 2000. Wellness: Construct clarification and a framework for future research and practices. Keynote address. First South African National Wellness Conference, Port Elizabeth, 2-5 Mei 2000.
– .2001. Teoretiese grondslae van psigofortologie. Werkswinkel: Kinderpsigo-ontwikkeling van Doktorale kursus in Kindersielkunde en Verwante Terreine. UOVS.
Witmer, J.M en Sweeney, T.J. 1992. A holistic model for wellness and prevention over the life span. Journal of Counselling and Development, 71: 140-147.
Woods, P. en Hammersley, M. 1993. Gender and Ethnicity in Schools. London: Routledge.
Wyer, R.S. en Collins, J.E. 1992. A theory of humour elicitation. Psychological Review, 99(4): 663-688.
Zeidner, M. en Endler, N.S. (reds.) 1996. Handbook of coping. Theory, research, applications. New York: John-Wiley.
Ziv, A. 1984. Personality and sense of humour. New York: Springer.
Important: TherapyRoute does not provide medical advice. All content is for informational purposes and cannot replace consulting a healthcare professional. If you face an emergency, please contact a local emergency service. For immediate emotional support, consider contacting a local helpline.
Creating Space for Growth: How Boundaries Strengthen Relationships
Setting healthy boundaries fosters respect, protects emotional well-being, and strengthens relationships by defining personal limits and maintaining self-care.
International Mutual Recognition Agreements for Mental Health Professionals
Mutual recognition agreements for mental health professions are rare and uneven, with major gaps in counselling, social work, and allied therapies. Read on to understand ...
Jumping to Conclusions
Jumping to conclusions is a thinking habit where we assume the worst or make judgments without enough evidence. By recognising this pattern, therapy can help you slow dow...
Case Conceptualisation
Case conceptualisation is how a therapist thoughtfully pulls together your concerns, experiences, and strengths into a clear understanding of what’s going on. This shared...
Guided Discovery
Guided discovery invites clients to arrive at their own insights through collaborative questioning and reflection. Instead of being told what to think, individuals learn ...
About The Author
“I assess for Career Guidance and subject choice. Anxiety. Resillience.”
Louise Boshoff is a qualified Counseling Psychologist, based in Waterkloof, Pretoria, South Africa. With a commitment to mental health, Louise provides services in , including Intellectual Psych & Diagnostic Assessment. Louise has expertise in .



